VBS: ANCregering het voorbeeld gestel oor bedrog en korrupsie
20181023
Dr Pieter Groenewald
Om te steel, soos by VBS Mutual Bank gebeur het, is ʼn misdaad en ʼn sonde, en al wat die ANC daaroor te sê het, is dat dit nooit moes gebeur het nie. Wat wel nooit moes gebeur het nie, is dat die ANC nooit die regering van SuidAfrika moes word nie.
Die rede is dat dit die ANC is wat die voorbeeld gestel het oor bedrog en korrupsie en hoe om die belastingbetalers se geld te steel. By VBS is hierdie voorbeeld gevolg en daar is selfs van die armes gesteel.
Die heldin in die VBSsage is ʼn Afrikaanssprekende wit vrou met die naam Mariette Venter, die waarnemende finansiële bestuurder van die Capricorndistriksmunisipaliteit in Limpopo. Sy het geweier dat R60 miljoen van die munisipaliteit oorgeplaas word na VBS.
Toe beskuldig die munisipaliteit haar daarvan dat sy ʼn rassis is kwansuis omdat sy as wit vrou nie by ʼn swart bank geld wil laat belê nie. Dít is ook ʼn aanklag teen die gemeenskap van SuidAfrika dat ʼn wit persoon sonder meer uitgekryt word as ʼn rassis net omdat dié persoon wetsgehoorsaam is.
Die VF Plus haal sy hoed af vir mense soos me. Venter, en die belastingbetalers van haar munisipaliteit is haar ook dank verskuldig.
Wat die EFF aanbetref, is daar baie rook wat by die enjinkamer van dié party se deure en vensters uitborrel rakende die VBSskandaal.
Die EFF verwys na sy leier, Julius Malema, as ʼn opperbevelhebber. Tog skitter hy in sy afwesigheid by die debat oor die VBS Mutual Bank, wat bewys dat hy niks anders as ʼn Mickey Mouse bevelvoerder is nie.
Dr. Groenewald het geweier om die opmerking terug te trek.